Help mense

Verseker brandveiligheid, red lewe, red eiendom!

Noodnommers

Area’s

Brand gevaar indeks

Oor ons

Apiesrivier Landelike BBV het tot stand gekom kragtens die bepalings van artikel 3 van die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande, Wet 101 van 1998.  Genoemde Wet bepaal onder andere dat eienaars ‘n vereniging kan vorm met die doel om veldbrande te voorspel, voorkom te bestuur en te blus

Die Minister van Departement Waterwese & Bosbou, nou Department van Landbou, Bosbou en Visserye, het die Konstitusie en Besigheidsplan aanvaar, en sy goedkeuring gegee vir die registrasie van die Apiesrivier Landelike BBV op 23 Maart 2006.

Wat is ‘n Brandvereniging:

Brand Beskermingsvereniging is ‘n organisasie van grondeienaars wat saamwerk om veldbrande in ‘n gebied te probeer voorspel, te voorkom, te bestuur en te help bestry ten einde mense se lewens, bestaansmiddele, eiendom sowel as die omgewing te beskerm.

Hoekom lid word van ‘n BBV?

Veldbrande is ‘n toenemende bron van kommer elke jaar tydens die wintermaande.  Die brande veroorsaak noodtoestande en kan rampe tot gevolg hê.  Maar terselfde tyd is grasbrande natuurlik en gebeur as deel van die normale proses in grasvelde, plantasies, fynbos en ook by natuurlike woude.  Veldbrande is ‘n groot probleem aangesien dit ‘n risikio het op lewe, eiendom en die omgewing.  Die ekosisteem word elke keer beskadig tydens ‘n brand.  Dit is belangrik om te weet hoe om veldbrande te voorspel, voorkom, beheer, te blus en te bestuur.

Volgens Wet 101 van 1998, indien die eienaar nie aan ‘n BBV behoort nie, word hy verplig om sy eie brandtoerusting en personeel 24uur per dag, 7 dae per week beskikbaar te hê op sy eiendom indien ‘n brand sou ontstaan of versprei.

Om te versker dat jy as gondeienaar aan die Wet 101 van 1998 op Veld- en bosboubrande voldoen kan jy as lid by Apiesrivier BBV aansluit.